Random musings uit die pen van CHopper CHarlie - windgat de luxe en damduiker extraordinaire

Tuesday, April 12, 2005

My Wêreld, wat 'n pot kak...

Kyk nou net so. 'n Eks-patriot kom terug SA toe sonder ENIGE joernalistieke experience en launch 'n nuwe Sondagkoerant - Die Wêreld. Klink dit soos 'n recipe vir disaster?

For sure.

Ek het die launch issue Sondag gesien en vinnig gescan maar dit het soos 'n pot kak gelyk en teen R8 was dit in die "dream on" kategorie. Blykbaar was my opsomming van die situasie reg - check wat het MarketingWeb te sê hieroor.

Wat sad is hiervan is dat dit hierdie tipe van lame-ass, narrow-minded en simpel mense is wat bepaal wat in die public domain gesê (of gedink) word oor Afrikaans. Ander kyk hierna en reken daar's nog 'n screwed-up, konserwatiewe, old skool publication vir Afrikaanse mense. They must be loving it.

As if. Wat van 'n Afrikaanse publication heel links v.d. spektrum? Of is liberals te limp-wristed om dit te ondersteun?

Monday, April 11, 2005

Rapport sink tot 'n nuwe low...

Volgens 'n Rapport artikel wat gister verskyn het is "jou kanse om werk te kry in Suid-Afrika nou beter as ooit tevore - behalwe as jy 'n wit man of bruin is." Wat 'n kompleet en utter joke. Volgens SSA lyk die stats eintlik so:

Werkloosheidsyfers vir SA:
  • Wit mans - 5.1%
  • Bruin mans - 19.2%
  • Swart mans - 27.6%
Hulle baseer hulle belaglike statement op die feit dat die persentasies vir wit en bruin mans effens toegeneem het terwyl die van swart mans effens afgeneem het. Overall staan SA se werkloosheidsyfer op 26.2% en swart vroue is eintlik die groot losers in die verhaal met 'n werkloosheidskoers van 36%.

Ewe skielik lyk wit mans se 5.1% soos fokkol...