Random musings uit die pen van CHopper CHarlie - windgat de luxe en damduiker extraordinaire

Monday, June 27, 2005

Great naweek vir rugby... sort of

Springbokke klop die Franse 27-13
Fokkenell. Saterdag het die Bokke 'n befokte vertoning gelewer om die Franse 27-13 te wen. Sephaka was fenomenaal, en so ook Januarie ten spyte van die kritici voor die tyd. Ek's steeds nie impressed met John Smit nie though. Skewe ingooie in die lynstaan, of soms heeltemal te ver verby die springers het gemaak dat ons te veel balle verloor. Ons senters was great op verdediging, maar steeds nie convincing op aanval nie. Ons drieë is eerder gemaak deur opportunisme van die vleuels. Montgomery was ook great, en Schalk ook. 'n Baie meer polished vertoning. Het actually gelyk of ons weer kan rugby speel, alhoewel mens moet onthou dat die Franse bietjie moeg is na 'n lang seisoen.

Baby Boks wen die World Champs
Asof die wen teen die Franse nie genoeg was nie, wen die onder-21's toe ook die World Champs teen die Aussies 24-20. Once.

Jake White dreig om te quit
En net toe mens nou lekker opgewonde raak oor hoe cool dit gaan in SA rugby toe strike die kak weereens die fan. Nou dreig Jake om te quit en hy wil uitklaring hê oor sy power om spankeuse te bepaal. En meer duidelike uiteensetting van wat verwag word met transformasie en kwotas. Which is fair, maar mens wil regtig nie nou hê die coach moet quit nie.

Persoonlik skiem ek hulle moet die transformasie-ding vir eens en altyd vasmaak. Stel definitiewe riglyne soos dat 'n Bokspan minstens vyf swart spelers moet hê en kry klaar. Dan weet almal waar hulle staan, jy maak die span meer representative, en create in elk geval ook sommer nuwe swart heroes wat die interest gaan meermaak onder swart gemeenskappe.

Natuurlik sal iets ook op provinsiale level gedoen moet word, anders gaan hierdie ouens nooit deur die ranks opkom nie. Skiem ek nou maar...

Friday, June 24, 2005

Bou nou 'n volk met so nasie

Vir Suid-Afrika om 'n nasie te word het ons 'n paar eienskappe nodig, volgens die ANC Today van 10 Junie. Dit sluit in:
  • Equal rights. All South Africans to enjoy equality before the law and all national and ethnic groups to enjoy equal rights.
  • A common territory. All South Africans to live in the same country and territory, not in a balkanised South Africa, not in a constellation of bantustans or 'volkstate'.
  • A common economy. Not a prosperous urban economy on the one hand and a hopeless bantustan economy on the other, and not an economy in which opportunity and inclusion depends on race and ethnicity.
  • A sense of community. There should be a kindred spirit among all South Africans.
  • A common patriotism.
  • A common loyalty to the constitution and the democratic state.
  • A common South African culture. All South Africans should enjoy the right to practice their own culture. However, there needs to be a critical mass of common culture and cultural practices that all South Africans practice and identify with.
  • A mutual respect for languages, cultural practices and spiritual beliefs of different groups.
Dit klink vir my baie fokken goed. Ons almal bly saam, werk saam en is lojaal en so aan. Rerig 'n moerse ideaal om na te streef. Hoe ver ons al gekom het, is natuurlik 'n ander vraag. Darem al 'n entjie, maar nog nie heellemal so ver as wat ons sou like nie.

Dink ek nou maar...

Wednesday, June 22, 2005

Onthou jy Frogger?

Die nuwe Onion is uit met 'n hilarious storie oor daai eighties game Frogger, wat kamtig in 'n movie gemaak is. Poessnaaks. Check dit op The Onion.

Tuesday, June 21, 2005

Afrika kap weird styles

Afrika nuus is fokken baie interessanter as die res van die wêreld s'n, dis nou maar eenmaal so. In Kenia is 'n skoenmaker gevang omdat hy 'n skaap genaai het. Sy defence? "I was sent by the devil to do that."

Dan, bietjie verder aan in Etiopië is daar sprake van 'n girl wat aangehou is en toe gered is deur 'n trop leeus. Hulle het blykbaar haar kidnappers aangeval en verjaag, en toe weer teruggekeer na die bosse toe.

Fokken strange.

Ou CHopper to the Dark Tower came...

Het gisteraand uiteindelik die laaste instalment van Stephen King se Dark Tower-reeks gelees. Vir die wat nie weet nie, Dark Tower is weird fantasie met Western elemente in en nie die gewone gogga-maak-vir-baba-bang we-all-float-down-here horrors wat King uitchurn nie. Die eerste Dark Tower het in 1970 verskyn en die laaste een nou eers. 35 jaar se werk. Goeie fokken werk.

Anyway, die laaste een in die reeks se naam is (heel voorspelbaar) The Dark Tower, omdat dit is waar die gunslinger uiteindelik die actual toring bereik. Soos destiny fulfilled, jy check?

Siende dat ek al van 'n impressionable age af die reeks lees, het my verwagtinge moerse verhoog sedert die eerste (not so great in retrospect) boek. En elke keer het King dit actually reggekry om iets cool te doen.

Dat dit 'n fokken life's work is, is seker. Sewe lywige vervolgverhale is nie speletjies nie, veral as jy moet aanhou om ander vreemde wêrelde op te dis. Dink Lord of the Rings se boeke, maar in makliker Engels en vloekwoorde en so aan.

Die laaste boek - en veral die einde - is fokken cool. Ek het geskiem dis befok, en kon nie aan 'n beter manier dink vir dit om te eindig nie. Try bietjie die reeks in die hande kry. Rerig cool.

(As jy wil tyd spaar, begin by nommer twee: The Drawing of the Three. Die eerste een is nie so great nie, en mens kan maklik opvang. Dis hoe ek dit gedoen het.)

Sexplain bietjie daai selfoonkontrak ou pel...

Dan 'n moerse interesting artikel oor ICASA en selkontrakte wat werk deur 'n foon te subsidieer. Oorspronklik is berig dat ICASA dit net wil stopsit en toe poef mense so in hulle broeke. Lyk my nie dis die hele storie nie.

ICASA soek eintlik comment oor selfoon subsidies. Check, hulle reken dat net tweejaar kontrakte bietjie blind is. Dan ook kry mens services met 'n kontrak wat jy nie noodwendig wil hê nie, soos itemised billing en Caller Line Identity wharra-wharra en sulke goed. Dis ook nie seker of mens betaal vir jou sogenaamde "free minutes" nie.

Free my ass.

Ook - Suid-Afrika het 'n bunch of World Heritage sites. Goor plekke soos Robbeneiland en lekker plekke soos St Lucia. Go figure.

Monday, June 20, 2005

Bafana Banana nie lekker nie

Toe gebeur dit wragtig. Ghana fok vir Bafana op. Sommer 2-0 in Jo'burg. Met die gevolg is on qualify heel moontlik nie vir die World Cup 2006 in Duitsland nie. Dit nadat Ghana laasjaar 'n patetiese Bafana performance gestraf het met 3-0.

Jissis.

En hierdie is nie suur druiwe deur iemand wat nooit die Bafana support en net bitch as hulle verloor nie. Ek het actually about al die qualifying games gekyk, behalwe die ene. Dis nou omdat die ruggas op dieselfde tyd op was. Die 10 minute wat ek wel gesien het was lusteloos, stadig en sonder plan - in short, die manier waarop Bafana gewoonlik speel.

Sure, dit was nie Bafana se beste span nie. Plus die Ghana span het baie meer polished gelyk. Worthy wenners vir Afrika se Groep 2. Maar die probleem strek verder. Ek's nie die enigste een wat reken dat Bafana se spelpeil al die afgelope ruk drop nie. Weet nie of dit die spelers se kondisionering is, of lack of oefentyd saam, of kak met SAFA nie.

In tipiese on-Suid-Afrikaanse fashion blameer ek nie die coach en demand sy bedanking nie. Dit lyk asof Stuart Baxter actually 'n plan het maar net gekortwiek word deur beserings, ontoegewyde spelers, wisselvallige performances, en admin kak.

Dis 'n pity, dis sad, dis jammer. Whatever. Wat ek weet is dat dit heavy kak gaan wees om nie vir Germany 2006 te qualify nie en dan die ding aan te bied in 2010. Die fok weet.

Blerrie Bafana.

'n Bokspan wat die Franse kan beat

Toetsrugby is darem nou maar eenmaal fokken lekker. Dit besef ek weer Satrag toe ek sit en biltong knaag, bier swill, en skrou elke keer as ons die bal het. Die opponente dié keer was die Franse Hane en die resultaat was 'n ongelooflike 30 elk. Halftyd score was ook gelyk. Fokken tight pappa, die hele tyd deur.

Maar at the end of the day Errol, was die Bokke ietwat dissapointing en party ouens reken hulle was gelukkig om gelykop te speel. Dis dalk bietjie harsh. Kyk, die Bokke was nie great nie maar die Franse ook nie juis nie. Persoonlik dink ek gelykop is fair.

Almal se favourite topic is nou natuurlik wat Jake White te doen staan om seker te maak die manne doen beter in PE volgende naweek. En soos met politiek, karre, braai en sulke tipe goed is elke ou natuurlik 'n fundi op die gebied van rugby strategie en spankeuse. Almal weet presies wat verkeerd gegaan het en hoe Jake dit moet fieks. Sommige van ons raak selfs hoogs die moer in omdat Jake nie hierdie voordiehandliggende veranderinge sien nie.

En dis wat sport so lekker maak. Dat 'n ou so om die braai kan staan en jou ou nederige opinietjie lig oor wat presies moet gebeur in die Bokspan, en wat jy sou gedoen het as jy coach was. Dis eintlik bietjie soos om Star Wars te gaan kyk en dan te reken jy sou eerder vir Darth Vader 'n floatie gekap het as om hom te laat wegkom. Of whatever.

Die enigste probleem is natuurlik dat ons nie almal professionals is nie, en dat ons keuses en strategies nie noodwendig so fokken great so werk nie. Behalwe myne. Jy sien, ek weet duidelik waarvan ek praat. Dus gaan ek vir julle my Bokspan vir volgende week beskikbaar stel. As toegewyde rugbykyker en kakprater is ek seker hierdie span is die beste en as Jake dit nie sien, dan weet ek wragtig nie.

(Let wel: Hierdie is die span met wat op die oomblik beskikbaar is. Bakkies en so aan is natuurlik beseer.)

CHopper se Bokspan
1. Os du Randt (met Eddie Andrews as sub)
2. Hanyani Shimange (met John Smit as sub)
3. CJ van der Linde
4. Danie Rossouw
5. Victor Matfield
6. Solly Tyibilika
7. Schalk Burger
8. Jacques Cronjé (met Joe van Niekerk as sub)
9. Fourie du Preez (met Enrico January as sub)
10. Jaco van der Westhuyzen
11. Brent Russel
12. Jean de Villiers
13. Bryan Habana
14. Jacque Fourie (met Tonderai Chavanga as sub)
15. Percy Montgomery

So daar's hy... Obviously die beste keuse imaginable. Net nie seker oor die kapteinskap nie. Sal bietjie dink daaroor.

Once.

Friday, June 17, 2005

All your base are belong to WatKykJy

Raait, die vier latte en 'n platte van die altemit Afreakaanse websait het uiteindelik weer daarby uitgekom om 'n update te laat lees. Nca artikels oor diverse dinge soos Vereeniging, griff se gambling gewoontes, jagluiperde wat volstruise is en André Stander.

Ek myself het ook 'n storie bygedra oor die Weskus, Young Guns II, kykNet se lame Afrikaanse music videos en reviews van The White Stripes, System of a Down, en Audioslave se nuwe albums.

Dan nog meer goeie nuus. Die internasionale URLS watkykjy.com en watkykjy.co.uk behoort ook nou aan ons. Fok. Uiteindelik. Dis nou na 'n moerse onderhandeling en regshulp en wie weet wat nog.

So, daar het jy hom. Lekker nuwe zeftighede van almal se favourite Afrikaanse webwerf.

Hahaha. "Webwerf." Fokkenell.

Slaan uit.

Tuesday, June 14, 2005

Waterkloof vier skuldig. Wie's nou windgat?

Na 'n hofsaak wat lekker gedrag het is die Waterkloof seuns wat die swart ou doodgeslaan het skuldig bevind. Dis fokken goed so. Sou like om die arrogante smirks van hulle gesigte te sien afval toe die verdict gelees is.

Dis tyd dat racist wit laaities wat skiem hulle kan maak en breek soos hulle wil vasgevat word. Of swart laaities, for that matter.

Boesak sê hom soos hy is - Afrika word genaai deur die Weste

"The ongoing exploitation of Africa ensured the continued development of rich nations."

Juistement.

Intussen maak Bush verskonings oor hulle nie die aid wat hulle belowe het ordentlik uitbetaal nie.

Zuma is toast. Lank lewe die ANC.

Pressure. Dis obviously wat Mbeki gevoel het die laaste ruk. En Zuma is toast. Alhoewel hy nie skuldig bevind is in 'n hof nie, het die Prez besluit die man moet duik. Oh well...

Wat wel interessant gaan wees is die repercussions in die ANC, veral met 'n klomp sub-sections wat hulle geld op Zuma gesit het. Mens dink aan die ANC Youth League, die Women's League en Cosatu.

'n Verenigde ANC is wat SA nodig het. Om nou in faksies te gaan staan en opbreek gaan nie goeie werk afgee nie, dis verfokkenseker. En tog is die alliance nogal shaky. Check die Rasool/Ngculu storie in die Wes-Kaap oor die naweek.

Oog op die bal hou ouens. Oog op die bal.

Amerikaners het ook AIDS

Blykbaar het 1 miljoen Amerikaners nou AIDS. Mens sou dink dat die wêreld se superpower die siekte sou kon keer, veral omdat hulle so vocal is oor dat dit 'n challenge is vir die res van ons. Toe nie.

"The United States has had a clear failure in HIV prevention - I think the increase in prevalence is a reflection of that, of the poor job we do in HIV prevention," Del Rio said.

Well, seeing as the US is doing a piss-poor job of everything except stepping on others, it comes as no surprise. Skiem ek nou maar.

Monday, June 13, 2005

Should he stay or should he go now?

Hahaha. IOL reken Mbeki moet die "regte ding" doen en Zuma fire. Hulle reken ook sommer hy gaan dit doen. Fokkit, maar dis lekker as ons media sommer ons besluite vir ons maak. Who needs voters or a government? Die joernaliste sal sommer die besluite maak. Idiots.

Thursday, June 09, 2005

SA se persvryheid

Dis official - SA het die meeste persvryheid in Afrika en 26ste in die wêreld. Dis great, net 'n pity dat baie joernaliste kies om net sensasionele kak te skryf of press releases 'n ander heading te gee. Mens sou half hoop dat party meer maak van die liberty. Nie dat ek veel kan kla nie. Dis persvryheid wat maak dat mens hardcore Afrikaans kan publish.

Once.

Op 'n ander noot - check die designs vir die Freedom Statue in PE is gefinalise. En stuff...

Nissan drop Fiat SA in die kak - waar hulle hoort

Hahaha. Sien Nissan wil nie meer Fiats bou nie. Ek kon dit al laasjaar voorspel het toe die Fiat dealership waar ek my stuk kak Palio service my laat weet het dat hulle "nie meer die Fiat franchise dra nie".

Blykbaar het hulle te veel met Fiat SA gesukkel. Ha-fokken-ha.

Don't get me started. Sien die naweek my Palio het darem twee jaar gehou voor hy begin roes het. Dis 'n fokken 2003 model. En nou dit. Nou... roes?

Stupid-ass Fiat.

Wednesday, June 08, 2005

'n Nuclear head vir die UN?

Lekker blaaint headline - US could support UN nuclear head. Klink of die UN sy eie nuclear warhead gaan kry om countries mee te bom. Toe nie.

Zuma sal bly... tot hy moet gaan... of nie

Die laaste ruk freak die media lekker uit oor die hele Zuma debakel. Judge Hilary Squires het hom by implikasie betrek by Schabir Shaik se verhoor en moral high horses word links en regs nader getrek. Natuurlik wil die DA hê hy moet duik, asook baie ander opiniated assholes.

Punt is dit - al laaik jy nie vir Zuma nie, is hy nog nie skuldig bevind nie. Ek stem saam dis nogal fishy dat hy bucks gekry het van Shaik af, en obviously is iets nie lekker daar nie. However moet daar (volgens wet) eers 'n actual saak teen hom gemaak word voor jy die vice-prez saam met die badwater uitbliksem.

Dis geensins dat ek hom ten spyte van als support nie. In fact, ek reken hy's 'n kak keuse vir vlg president. Maar dit help nie om links en regs koppe te eis voor die feite vasgestel is nie. Dis nou diejob van die NPA om bietjie plan te sien oor die man se future.

Maar dis mos fashion in die media deesdae. As iets verkeerd gaan word koppe geëis. As dit kak gaan in rugby, fire die coach. As dit kak gaan in 'n land, fire die president. Dalk moet ons weer daai ou 1993/94 dokument nadertrek. Die konstitusie pappa.

Wat wel sleg is van die hele Zuma/Shaik storie is dat Mbeki se anti-corruption drive nogal virre kakke gevat word (as die man skuldig bevind word). Maybe sal hulle ook mooi moet kyk na die moral regeneration projek - waarvan Zuma die leier is.

Dis nou as hy skuldig is...

Monday, June 06, 2005

Wie naai consumers die hardste?

Die arme Suid-Afrikaanse consumer. Eers tune die Kompetisiekomissie dat car manufacturers lekker pryse gefix het, en nou check ek die banke is ook onder investigation.

Lekker blaaint.

Wie's volgende - hopelik Telkom of sommer die hele telecoms-sektor. Almal weet die selfoonmaatskappye rob ons blind. Check hierdie: Vodacom maak lekker 6.5 biljoen Rand wins.

Wat 'n fantastiese manier om 'n ontwikkelende land te help - overcharge consumers en fix pryse. So ja, nou kos alles meer. Dis mos beter...

Blerrie dose.