Bafana Banana nie lekker nie
Toe gebeur dit wragtig. Ghana fok vir Bafana op. Sommer 2-0 in Jo'burg. Met die gevolg is on qualify heel moontlik nie vir die World Cup 2006 in Duitsland nie. Dit nadat Ghana laasjaar 'n patetiese Bafana performance gestraf het met 3-0.
Jissis.
En hierdie is nie suur druiwe deur iemand wat nooit die Bafana support en net bitch as hulle verloor nie. Ek het actually about al die qualifying games gekyk, behalwe die ene. Dis nou omdat die ruggas op dieselfde tyd op was. Die 10 minute wat ek wel gesien het was lusteloos, stadig en sonder plan - in short, die manier waarop Bafana gewoonlik speel.
Sure, dit was nie Bafana se beste span nie. Plus die Ghana span het baie meer polished gelyk. Worthy wenners vir Afrika se Groep 2. Maar die probleem strek verder. Ek's nie die enigste een wat reken dat Bafana se spelpeil al die afgelope ruk drop nie. Weet nie of dit die spelers se kondisionering is, of lack of oefentyd saam, of kak met SAFA nie.
In tipiese on-Suid-Afrikaanse fashion blameer ek nie die coach en demand sy bedanking nie. Dit lyk asof Stuart Baxter actually 'n plan het maar net gekortwiek word deur beserings, ontoegewyde spelers, wisselvallige performances, en admin kak.
Dis 'n pity, dis sad, dis jammer. Whatever. Wat ek weet is dat dit heavy kak gaan wees om nie vir Germany 2006 te qualify nie en dan die ding aan te bied in 2010. Die fok weet.
Blerrie Bafana.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home