Random musings uit die pen van CHopper CHarlie - windgat de luxe en damduiker extraordinaire

Monday, June 27, 2005

Great naweek vir rugby... sort of

Springbokke klop die Franse 27-13
Fokkenell. Saterdag het die Bokke 'n befokte vertoning gelewer om die Franse 27-13 te wen. Sephaka was fenomenaal, en so ook Januarie ten spyte van die kritici voor die tyd. Ek's steeds nie impressed met John Smit nie though. Skewe ingooie in die lynstaan, of soms heeltemal te ver verby die springers het gemaak dat ons te veel balle verloor. Ons senters was great op verdediging, maar steeds nie convincing op aanval nie. Ons drieë is eerder gemaak deur opportunisme van die vleuels. Montgomery was ook great, en Schalk ook. 'n Baie meer polished vertoning. Het actually gelyk of ons weer kan rugby speel, alhoewel mens moet onthou dat die Franse bietjie moeg is na 'n lang seisoen.

Baby Boks wen die World Champs
Asof die wen teen die Franse nie genoeg was nie, wen die onder-21's toe ook die World Champs teen die Aussies 24-20. Once.

Jake White dreig om te quit
En net toe mens nou lekker opgewonde raak oor hoe cool dit gaan in SA rugby toe strike die kak weereens die fan. Nou dreig Jake om te quit en hy wil uitklaring hê oor sy power om spankeuse te bepaal. En meer duidelike uiteensetting van wat verwag word met transformasie en kwotas. Which is fair, maar mens wil regtig nie nou hê die coach moet quit nie.

Persoonlik skiem ek hulle moet die transformasie-ding vir eens en altyd vasmaak. Stel definitiewe riglyne soos dat 'n Bokspan minstens vyf swart spelers moet hê en kry klaar. Dan weet almal waar hulle staan, jy maak die span meer representative, en create in elk geval ook sommer nuwe swart heroes wat die interest gaan meermaak onder swart gemeenskappe.

Natuurlik sal iets ook op provinsiale level gedoen moet word, anders gaan hierdie ouens nooit deur die ranks opkom nie. Skiem ek nou maar...

0 Comments:

Post a Comment

<< Home