'n Bokspan wat die Franse kan beat
Toetsrugby is darem nou maar eenmaal fokken lekker. Dit besef ek weer Satrag toe ek sit en biltong knaag, bier swill, en skrou elke keer as ons die bal het. Die opponente dié keer was die Franse Hane en die resultaat was 'n ongelooflike 30 elk. Halftyd score was ook gelyk. Fokken tight pappa, die hele tyd deur.
Maar at the end of the day Errol, was die Bokke ietwat dissapointing en party ouens reken hulle was gelukkig om gelykop te speel. Dis dalk bietjie harsh. Kyk, die Bokke was nie great nie maar die Franse ook nie juis nie. Persoonlik dink ek gelykop is fair.
Almal se favourite topic is nou natuurlik wat Jake White te doen staan om seker te maak die manne doen beter in PE volgende naweek. En soos met politiek, karre, braai en sulke tipe goed is elke ou natuurlik 'n fundi op die gebied van rugby strategie en spankeuse. Almal weet presies wat verkeerd gegaan het en hoe Jake dit moet fieks. Sommige van ons raak selfs hoogs die moer in omdat Jake nie hierdie voordiehandliggende veranderinge sien nie.
En dis wat sport so lekker maak. Dat 'n ou so om die braai kan staan en jou ou nederige opinietjie lig oor wat presies moet gebeur in die Bokspan, en wat jy sou gedoen het as jy coach was. Dis eintlik bietjie soos om Star Wars te gaan kyk en dan te reken jy sou eerder vir Darth Vader 'n floatie gekap het as om hom te laat wegkom. Of whatever.
Die enigste probleem is natuurlik dat ons nie almal professionals is nie, en dat ons keuses en strategies nie noodwendig so fokken great so werk nie. Behalwe myne. Jy sien, ek weet duidelik waarvan ek praat. Dus gaan ek vir julle my Bokspan vir volgende week beskikbaar stel. As toegewyde rugbykyker en kakprater is ek seker hierdie span is die beste en as Jake dit nie sien, dan weet ek wragtig nie.
(Let wel: Hierdie is die span met wat op die oomblik beskikbaar is. Bakkies en so aan is natuurlik beseer.)
CHopper se Bokspan
1. Os du Randt (met Eddie Andrews as sub)
2. Hanyani Shimange (met John Smit as sub)
3. CJ van der Linde
4. Danie Rossouw
5. Victor Matfield
6. Solly Tyibilika
7. Schalk Burger
8. Jacques Cronjé (met Joe van Niekerk as sub)
9. Fourie du Preez (met Enrico January as sub)
10. Jaco van der Westhuyzen
11. Brent Russel
12. Jean de Villiers
13. Bryan Habana
14. Jacque Fourie (met Tonderai Chavanga as sub)
15. Percy Montgomery
So daar's hy... Obviously die beste keuse imaginable. Net nie seker oor die kapteinskap nie. Sal bietjie dink daaroor.
Once.


3 Comments:
Здравия всем,
Надежная и проверенная [url=http://popplers.ru/]партнерка[/url] [b]Popplers.ru[/b] предлагает Вам сотрудничество на выгодных условиях. Мы покупаем ваш ру трафик по выгодным ценам. Владельцам сайтов, вебмагазинов и веб мастерам мы предоставляем выгодные условия, отзывчивую поддержку и проффесиональный подход в непростом бизнесе рунета.
отличная возможность надежно заработать, выгодная рефферальная программа, направьте ваш ру трафик в нужное русло, в русло прибыли которое принесет вам [url=http://popplers.ru/]Адалт партнерка[/url] [b]Popplers.ru[/b] . Вывод средств в WebMoney или PayPal, возможность срочных выплат в любой день недели, персональный подход к каждому адверту.
Цены на трафик за 1k:
DoorWays - 6у.е.
Popunder - 5у.е.
CJ - 5 у.е.
Clickunder - 4 у.е.
Ждем Вас в нашей программе!
ICQ: 498994074
2:14 PM
После вселенской катастрофы Америка превратилась в мертвую пустыню. По дорогам которым нет конца, кишащим бандами, ведущеми воины за воду и еду, путешествует мудрый Илай. Однажды он попадает в мрачные земли, где когда-то была цветущая Калифорния, а теперь это сущий ад, где бесчинствует тиран Карнеги.
смотреть бесплатно книга илая
2:18 AM
Het is interessant om je blog te lezen om wat voor reden niet erg hype en plohoposeschaem . Kan draaien met de software XRumer 7 Elite ( Elite Hrumer 7) kan worden gedownload van http://x-rumer.ru/ hoorde een geweldig programma voor de bevordering van de blog middelen.
6:42 PM
Post a Comment
<< Home