Random musings uit die pen van CHopper CHarlie - windgat de luxe en damduiker extraordinaire

Tuesday, June 21, 2005

Ou CHopper to the Dark Tower came...

Het gisteraand uiteindelik die laaste instalment van Stephen King se Dark Tower-reeks gelees. Vir die wat nie weet nie, Dark Tower is weird fantasie met Western elemente in en nie die gewone gogga-maak-vir-baba-bang we-all-float-down-here horrors wat King uitchurn nie. Die eerste Dark Tower het in 1970 verskyn en die laaste een nou eers. 35 jaar se werk. Goeie fokken werk.

Anyway, die laaste een in die reeks se naam is (heel voorspelbaar) The Dark Tower, omdat dit is waar die gunslinger uiteindelik die actual toring bereik. Soos destiny fulfilled, jy check?

Siende dat ek al van 'n impressionable age af die reeks lees, het my verwagtinge moerse verhoog sedert die eerste (not so great in retrospect) boek. En elke keer het King dit actually reggekry om iets cool te doen.

Dat dit 'n fokken life's work is, is seker. Sewe lywige vervolgverhale is nie speletjies nie, veral as jy moet aanhou om ander vreemde wêrelde op te dis. Dink Lord of the Rings se boeke, maar in makliker Engels en vloekwoorde en so aan.

Die laaste boek - en veral die einde - is fokken cool. Ek het geskiem dis befok, en kon nie aan 'n beter manier dink vir dit om te eindig nie. Try bietjie die reeks in die hande kry. Rerig cool.

(As jy wil tyd spaar, begin by nommer twee: The Drawing of the Three. Die eerste een is nie so great nie, en mens kan maklik opvang. Dis hoe ek dit gedoen het.)

0 Comments:

Post a Comment

<< Home