Zuma is toast. Lank lewe die ANC.
Pressure. Dis obviously wat Mbeki gevoel het die laaste ruk. En Zuma is toast. Alhoewel hy nie skuldig bevind is in 'n hof nie, het die Prez besluit die man moet duik. Oh well...
Wat wel interessant gaan wees is die repercussions in die ANC, veral met 'n klomp sub-sections wat hulle geld op Zuma gesit het. Mens dink aan die ANC Youth League, die Women's League en Cosatu.
'n Verenigde ANC is wat SA nodig het. Om nou in faksies te gaan staan en opbreek gaan nie goeie werk afgee nie, dis verfokkenseker. En tog is die alliance nogal shaky. Check die Rasool/Ngculu storie in die Wes-Kaap oor die naweek.
Oog op die bal hou ouens. Oog op die bal.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home