Die stupid-ass Burger met hulle "swart Bokke"
Jirre, Die Burger is darem maar stupid. Hoe's hierdie vir 'n heading - Hier kom die swart Bokke. Nooit ouens. Daar's ses swart ouens in die span van vyftien spelers. Is ses meer of minder as nege spelers? Kom nou Burger, mooi dink nê... Nee, dis minder. Disse bad Burger!
Al wat so stupid artikel doen is om die kleurkwessie weer op die voorgrond te druk. Dit sal baie beter wees as politici, die media en sommer fokken almal bietjie chill met die kleurding elke fokken keer as 'n span gekies word.
Jake White weet wat hy doen. Soos hyself sê - hy kies die beste spelers. Soms gaan daar een swart ou wees en soms 10, afhangende van spelers se vorm. Hel, miskien kry ons eendag 'n Indiese ou of twee ook in die span. Dink net hoe complicated gaan dit dinge vir die media maak. Of maybe 'n Chinese outjie.
Anyway, dit sal cool wees om te check hoe perform die Bokke Saterdag - dis nou die wit, bruin en swart Bokke in die span. Of soos ek daarvan hou om na hulle te verwys - sommer net die Springbokke.
Ek is persoonlik nogal excited oor die nuwe senterpaar en vleuelkombinasies, asook die lostrio. En alhoewel dit bietjie van 'n gamble is om soveel aan die span te verander teen gedugte kompetisie soos die Aussies skiem ek dit kan dalk net werk.
Ons check maar.
Hier's die span:
SPAN: Percy Montgomery, Breyton Paulse, Jaque Fourie, Jean de Villiers, Bryan Habana, André Pretorius, Enrico Januarie, Joe van Niekerk, Juan Smith, Solly Tyibilika, Victor Matfield, Bakkies Botha, Eddie Andrews, John Smit (k), Gurthrö Steenkamp.
PLAASVERVANGERS: Hanyani Shimange, Lawrence Sephaka, Albert van den Berg, Schalk Burger, Fourie du Preez, Jaco van der Westhuizen, Wayne Julies.

