Kak rugby, beter sokker
Jirre maar die Bokke was kak die naweek. Na twee weke van uitsien na die eerste toets teen die Aussies het die Bokke in spectacular fashion kop eerste in die hek geduik Saterdag. Dit help nie eers om fout te soek by iemand spesifiek nie, want pretty much almal was ewe kak.
En dis, myns insiens, een van die Bokke se foutjies: Die inability om op hulle voete te dink en 'n gameplan aan te pas. "Jake het gesĂȘ ons moet skop, so nou skop ons." No matter dat hulle die hele tyd die hard-fought bal vir die vinnige vleuels skop nie. Aaarrgghhh!
Fokken frustrerend.
Plus hulle lyk natuurlik lekker soos dose nadat hulle (en die coach) weereens die media warmgepraat het met spogpraatjies oor ons eerste oorsese wen sedert '98 en wat nog. Whatever.
Dan, 'n regte surprise. Bafana beat Mexico like cheap drum. WTF? En dit is Bafana se second-rate team. Miskien is dit tyd dat hulle first choice begin word...


0 Comments:
Post a Comment
<< Home