Random musings uit die pen van CHopper CHarlie - windgat de luxe en damduiker extraordinaire

Thursday, October 27, 2005

Enter the House of Flying Daggers

Die sogenaamde opvolg op "Hero" gecheck. Befokte expansive visuals, great score en baie sub-titles.

Die storie speel ook af in ancient China met warlords en 'n korrupte government yadda yadda yadda. Great costumes, swaarde en dies meer. Unbelievable fighting scenes ook, in altwee senses van die woord.

Soos mens nou al verwag van die movies is daar awe-inspiring location shots vol kleure en textures wat mens bitter min kry in meeste Hollywood produksies.

Dit was heel cool, alhoewel ek geskiem het die pace kan nou en dan net so halwe notch optel. Veral die laaste fighting scene...

Dalk was dit net die stupid krimpies wat om my gesit het in die Nouveau en gelag het die hele tyd asof hulle na 'n comedy kyk.

Om die waarheid te sĂȘ, hulle het al van die begin af gelag vir al die ads ook - wat al honderd keer op TV was. (Mense wat vir ou ads op die TV lag in die cinema is nou maar eenmaal fokken stupid.)

Anyway, mens moet dit op die big screen check. Ek skiem heelwat gaan verlore op jou klein 54cm kamtige flat-screen by die huis met die posbus grootte DVD playback.

1 Comments:

Anonymous Saartjie said...

Die Chinese het inderdaad weereens nie teleurgestel nie. Hollywood kan 'n ding of twee by hulle leer oor "epies" en "dramaties". En die Chinese kry dit reg om 'n verskriklike aangrypende en stomende liefdesverhaal te vertel met die minimum naaktheid - die mag van suggestie.

My ervaring is ongelukkig ook 'n bietjie versuur deur 'n spul krimpies wat gereken het die dramatiese oomblikke is vreeslik snaaks. As hulle te seniel is om te begryp waaroor dit gaan, moet hulle maar eerder by die huis bly en sepies kyk.

12:24 AM

 

Post a Comment

<< Home