Random musings uit die pen van CHopper CHarlie - windgat de luxe en damduiker extraordinaire

Tuesday, October 04, 2005

Media maak vir baba bang

Jirre, die media is fucked-up. Check bietjie die sensasionalistiese storie wat reken dat malls basically onbegaanbaar is weens armed robberies. Mens sal fokken sweer dis Armageddon. Sommer lekker voorbladnuus. Mense met big fuck-off gats roam die malls en skiet civilians. Lekker media histerie. Lekker fokken blind. En onnodig. Stupid-ass media.

1 Comments:

Anonymous NuL said...

Ja, hierdie verskynsel pis my ook ongelooflik af. Dis on par met siener-dot-co-dot-za (ek gaan wragtag nie vir hulle 'n link opsit wat deur google herken kan word nie). Hierdie spul vleiskoppe kry die een of ander kick daaruit om te skiem ons bly in hierdie post-apocalyptic fantasyworld, soos in Mytrix, jy weet, terwyl alles eintlik beter gaan as in die meeste ander lande. Ja, kry dit in jou kop - DIE MEESTE.

Crime is by verre NIE die ergste ding wat in 'n land kan gebeur NIE. Dis ook by verre nie die grootste probleem in ons land nie. O ja, en al die swartmense gaan NIE volgende Dinsdag om die-uur hulle versteekte AK's uithaal en al die witmense gou-gou doodmaak NIE.

Suid-Afrika is moer gelukkig - ons het oorlog vermy nadat dit twee millimeter bo ons nekke gehang het - die grootste save in die geskiedenis. Nou het ons 'n ryp, ryk land wat oorloop van kreatiwiteit, en baie van daai kreatiewe krag is werkloos. Ons het nou net visionaries nodig om dit te harness en in 'n uitvoerproduk te omskep. Check maar - dit kom.

7:31 PM

 

Post a Comment

<< Home