Random musings uit die pen van CHopper CHarlie - windgat de luxe en damduiker extraordinaire

Friday, November 04, 2005

Dis nou fokken metal

Check gisteraand die MTV Europe Music Awards. Was heel surprised deur die Kabballah Mamma se sletterige klere (sy's dan so fokken gelowig deesdae) maar verder was dit maar die overblown en soms excruciatingly boring award show ceremony waaraan mens gewoond is.

Borat was fokken snaaks though, asook System of a Down se acceptance speech vir "Best Alternative". Eers tune Serj die vocalist dat civilization 'n fokop (in net soveel woorde live op MTV) is en dat ons almal in peace en love moet saamkom om dit te fix. Toe gryp die guitarist die mic gil daarin en gooi dit defiantly in die crowd in.

Nou dit is fokken metal.

Verder het nie veel gebeur nie. Black Eyed Peas het hul gewone danserige live show gedoen, Green Day was nogal cool, en Borat het eers gemaak of hy Freddie Mercury is en toe afgefinish met "I kid. He die of AIDS." Die rappers en RNB mense was voorspelbaar, Nelly Furtado was skril en irriterend, en die Gorillaz was animated in 3D.

Heel laaste (soos altyd) was die heavy act. Weer System of a Down met die worst sound van die aand (ook altyd die heavy band se eer). Plus Serj het decidedly off-key gesing in die chorus. Die hele tyd. Met baie harde, slegte sound.

Nou dit is (ook) fokken metal.

Big up SOAD.

Wednesday, November 02, 2005

Werkers gaan kamtig bunk by dosyne in 2010

Jirre die media kan darem maar fucked up wees. Die arme corporate wêreld bekak klaar sy cheap suit oor mense nie so produktief is soos masjiene nie. Kyk mos porn en surf blogs en what not.

Nou kom een of ander loser insurance firm en publish 'n report wat reken mense in SA gaan baie werk mis oor die sokker 2010 hierso. "Kom ons katastrofeer en maak fokken simpel predictions," kon net sowel die titel van die research gewees het. Volgens "hulle" gaan afwesigheid companies R750miljoen kos.

Seker omdat so baie "werkers" in Suid-Afrika van sokker hou. En dit maak die nuus. Amazing.

At least weet ek nou wat die average is vir siek dae 'n jaar (6.5). So ek skiem ek sal dit van in 2010, plus at least die drie games wat Bafana speel in die qualifiers en miskien 'n Brazil game...

Tuesday, November 01, 2005

Swart bra's leen dikwels zak vir kos

Ek's lankal gatvol vir whiteys wat so bitch die hele tyd oor wit mense klaarblyklik swaarder kry as swartes sedert '94. Sure, 'n paar burgers het jobs verloor en so aan, maar jirre ouens - check die diff's.