Random musings uit die pen van CHopper CHarlie - windgat de luxe en damduiker extraordinaire

Friday, October 28, 2005

Kan jy hulle "veiligheid" verseker? Fok, wil jy?

Vir die soveelste keer lees ek van 'n opinion poll in Amerika wat reken George Bush is nou uiteindelik daar ook ongewild. Ek onthou nog die tyd net voor die laaste US verkiesing waar daai selfde polls gereken het hy gaan nie die paal haal nie.

Jy maak uit wat dog gedoen het...

Hy's kamtig moerse ongewild en tog wen hy die een poll wat saakmaak. Vir die hele wêreld. Die official election. Dus beteken hierdie klein kak polls nie veel nie. In fact, die Amerikaanse media kan dit kollektief in hulle gatte opdruk.

Toe herhinner ek myself daaraan dat die man se kort besoekie aan SA gekenmerk is aan 'n clampdown op die Pretoria middestad. Man-holes is toegeweld, strate afgebaken en Special Forces ingebring om "sy veiligheid" te verseker. Dis pretty much so wherever hy gaan.

Ek dink toe ook aan Pope John Paul II wat nou ses voet onder is. Hy het ook mos agter so bullet-proof skild getravel waar ook al hy gegaan het. Ook mos een van die bekendste en mees beloved figure van ons tyd.

Nou onlangs lees ek toe ook van 'n ander bekende wat nie êrens kon travel nie, want sy "veiligheid kon nie verseker word nie". Kan nie onthou wie dit was nie, maar hy is ook vreeslik populêr met sy mense.

Strike dit jou nie as fokken weird nie?

Al ons geliefde en demokraties-verkose en wonderlike leiers en hoë figure kan nie travel nie, of moet 'n klein army saamsleep, want hulle "veiligheid kan nie verseker word nie".

En hoekom kan hulle veiligheid nie verseker word nie? Vra jouself bietjie die vraag af? Hoekom nie? Toe, antwoord bietjie. Dis reg, want die mense is die moer in. Meeste mense (alhoewel ons in fantastiese moderne en beskaafde demokrasieë woon) is nie so mal oor ons verskriklik regverdige verkose leiers nie.

In fact, baie mense is so die poes in vir hulle dat hulle nie sal maaind om 'n pot-shot te vat die eerste kans wat hulle kry nie. En dis wat so nie lekker is van demokrasie nie.

Ons kan lekker moan oor ons leiers en snaakse websaits maak en koerante kan bitch en moan, maar op die ou einde is die doos wat droogmaak (soos Bush) steeds die president. Of in Suid-Afrika is Mbeki (wat 'n moerse goeie job doen) nie so populêr soos Zuma nie.

Laat mens dink aan die before time waar die village chief of whatever gerule het tot iemand hom oor die kop gemoer het en oorgevat het. 'n Instant popularity contest en jy verloor. Wham! Nuwe leier.

Nie dat ek wil teruggaan na daai tyd toe nie, maar at least sou Bush dan laaaaankal nie meer aan bewind gewees het nie. At least...

Rock of Ages on Radio2000

As jy uitmaak van rock, dan's hierdie show vir jou pappie. Tune daai dial elke Donderdagaand tussen agt en twaalf na Radio2000 vir Benjy Mudie se "Rock of Ages" show. Met al die classics van Sabbath, Neil Young, AC/DC, Led Zep reg deur tot Frank Zappa en Rodriquez. Fokken main!

Hey manne, watch wat julle braai man

Heavy blind ek sê. Blykbaar is ons Suid-Afrikaners besig om al ons Bosveldbome te destroy deur braaihout daarvan te maak. Nooit ouens.

So check next time dat jy nie kameeldoring, mopanie of ysterhout gebruik nie. Onthou, as ons al die Bosveldbome afbrand dan is daar nie meer koelte by Oppikoppi nie.

Thursday, October 27, 2005

Enter the House of Flying Daggers

Die sogenaamde opvolg op "Hero" gecheck. Befokte expansive visuals, great score en baie sub-titles.

Die storie speel ook af in ancient China met warlords en 'n korrupte government yadda yadda yadda. Great costumes, swaarde en dies meer. Unbelievable fighting scenes ook, in altwee senses van die woord.

Soos mens nou al verwag van die movies is daar awe-inspiring location shots vol kleure en textures wat mens bitter min kry in meeste Hollywood produksies.

Dit was heel cool, alhoewel ek geskiem het die pace kan nou en dan net so halwe notch optel. Veral die laaste fighting scene...

Dalk was dit net die stupid krimpies wat om my gesit het in die Nouveau en gelag het die hele tyd asof hulle na 'n comedy kyk.

Om die waarheid te sê, hulle het al van die begin af gelag vir al die ads ook - wat al honderd keer op TV was. (Mense wat vir ou ads op die TV lag in die cinema is nou maar eenmaal fokken stupid.)

Anyway, mens moet dit op die big screen check. Ek skiem heelwat gaan verlore op jou klein 54cm kamtige flat-screen by die huis met die posbus grootte DVD playback.

Die alomteenwoordige klein Chinesie


Is dit net ek of speel Ziyi Zhang in al wat 'n fliek is wat 'n jong Chinese meisie soek? Na sy die jong evil girlie was in "Crouching Tiger, Hidden Dragon" en toe in die epic "Hero" was, check ek haar nou die aand op etv in "Rush Hour 2". Kak fliek. En wie de fok check ek gisteraand in "House of Flying Daggers" se hoofrol? Weer ou Ziyi.


Nooit.

Vandag sien ek sy's nou oppad om in "Memoirs of a Geisha" te jol. Great boek gewees. Kom ons hoop die movie is cool.

White supremacist bitches

Hahaha. It seem like Hitler laaik to be wearing a rokkie. Ontmoet Prussian Blue, die nuutste naam in Amerikaanse rock in support of white supremacy.

Fokken belaglik.

Twee Amerikaanse meisies, kompleet met draadjies en al wat sing oor hoe cool Hitler was, hoekom dit ass kick om wit (en stupid) te wees en so aan. Album naam? "Blonde hair, blue eyes." Natuurlik.

Die fok weet.

Dis seker darem verblydend. Waar stupid fuck-head racists soms mense doodgeslaan het en aan kruise verbrand het maak hulle nou lekker luistermusiek as twee witkopmeisietjies.

Assholes.

Friday, October 21, 2005

Eers Waterkloof, nou Tygerberg

Nog 'n klomp rassistiese whiteys wat hawelose mense doodbliksem, die keer in Tygerberg in die Kaap. Fokken poese, die lot van hulle.

Weereens wys dit ons wat hierdie wit konserwatiewe enclaves of privilege kweek - haat en diskriminasie.

Mag hierdie laaities life kry en lekker in Pollsmoor opeindig saam met 'n hele paar van die mense wat hulle so haat. Kry vir julle...

'n Dom mens met selfvertroue...

...bly nou maar een maal gevaarlik. Bush reken hy luister nie na die "background noise" van mense wat kla oor hom nie want hy het 'n job om te doen. Die "American people" verwag blykbaar van hom dat hy sy job doen.

Maybe moet een van sy advisers vir hom sê (stilletjies as die kameras nie kyk nie) dat hierdie popularity polls opgemaak is uit mense - en wel die Amerikaanse mense wat hy claim om te dien.

Fokken idiot.

Is die bruidjie dood of net koud?


Gisteraand Tim Burton se nuutste, The Corpse Bride, gaan kyk. Weereens animation i/d styl van "Nightmare Before Christmas", maar die keer oor twee sulke grys mensies in die baie baie grys Victorian tyd wat verlief raak.

Hulle name is ook dan Victor en Victoria. Dis basically 'n liefdesverhaal met outjie en meisie wat mekaar dig, mekaar verloor, en weer (asem uit) mekaar vind. Moerse gelukkige einde. Dink Disney sonder die singende diere. Oeps, wag ek het vergeet van die (nogal irriterende) maggot genaamd Maggot. Strangely enough.

Die movie is overall baie cool gedoen itv animation, feel, musiek, en selfs dialogue (behalwe vir 'n paar obligatory lame puns). Alhoewel dit als oor dooie mense en geraamtes en goed gaan, is dit opgedress as ligte vermaak vir die hele gesin - en daarin is die downfall.

Ek het dit actually nogal erg geniet tot raait op die einde. Weet nie of dit Burton of die Hollywood producers is nie, maar hulle moes net skiet vir die "als sal uitwerk" tipe einde. Dit pla as mens nie van wholesome movies hou nie.

All in all enjoyable, maar op 'n baie ligte level. As jy nie van "Nightmare" of van Tim Burton se goed hou nie, moet jy maar los.

Thursday, October 20, 2005

Lekker freaky movie


Night Watch, of Nochnoi Dozor, is so Russiese sci-fi/horror affêre. Blykbaar die eerste in 'n trilogy deur Sergei Lukyanenko (die anner twee is Day Watch en Dusk Watch). Dit gaan basically oor die forces of Light en Darkness wat 'n eeue-oue truce het dat niemand geforce mag word om tussen Light en Dark te kies nie.

Natuurlik kom daar dan een bra om als op te fok. Anders is daar mos nie juis 'n movie nie, check? Die film speel af in Moskou en dis in Russies met Engelse sub-titles. Dit maak dinge al klaar weird, en die donker wêreld, fotografie en FX, asook die karakters add hiertoe.

Heroes is nie juis rolmodelle nie, en hulle modes of transport is nogal questionable om mee te begin. Soos altyd (al van Skeletor se tyd af) is die baddies cooler. Die super evil ou het byvoorbeeld 'n swaard in sy rugstring. Hoe fokken cool is dit?

Anyway, die visuals het nogal 'n grainy quality en daar's moerse nice FX en sounds - check veral wat hulle met die sub-titles doen. Awesome. En alhoewel ek die movie moerse geniet het, is mens eintlik bewus aan die einde dat dit 'n eerste deel van 'n langer storie is - dinge eindig onopgelos wat bietjie dissatisfying is.

Sin City is befok

Nou die aand Sin City gaan check. Vir die wat nie kop nie, disse verwerking van 'n donker komiek deur Frank Miller. Robert Rodriquez het saam met Frank Miller gewerk om dit 'n befokte filmproduksie van die komiek te maak - arguably seker die beste filmverwerking van 'n komiek nog.

Verwag 'n film noir styl met 'n sardoniese eerstepersoonsvertelling wat events relate. Daar's 'n paar interrelated stories wat afspeel, als in Sin City - so donker, reënerige plek waar about al die mans crooks is en die vrouens sletterig en dit glad nie snaaks is om mekaar op te fok nie.

Mens wil so half in daai wêreld bly, maar jy's ook goddank bly jy bly nie actually daar nie. Alhoewel dit 'n attractive swagger en cool het, is daar nie juis vooruitsig om ooit heeltemal happy te wees nie.

Meeste van die scenes is op blue screen geskiet waarna locations en props digitaal ingesit is. Dit werk moerse goed, veral as 'n ou Frank Miller se original stuff love. Die movie is gritty, sexy, funny en nogal hardcore - 'n moerse breath of fresh air.

Ook die actors is amazing. Mickey Rourke, Benicio del Toro, Bruce Willis, Clive Owen en selfs light-weights soos Elijah Wood, Brittany Murphy en Jessica Alba impress.

Gaan check dit, dis super-fokken-cool.

P.S. Wees reg vir die local short film wat hulle voor die tyd wys. Fokken hectic. Gebaseer op die storie van Baby Tsepang (wat verkrag is op nege maande) laat dit mens nogal fokken shaken. Dit was fokken doodstil in die cinema na hierdie outjie gespeel het. Amazing gedoen met stop-start animation en 'n kombinasie van fine art, live actors en props ens. Na die tyd was almal maar te gretig dat Sin City begin en mens kan check hoe fictional karakters die lewendige kak uitmekaar skiet.

Bafana Bafana slip in die rankings

Eish. Blind ouens. Na hierdie jaar se end-uit kak gespelery is Bafana nou al 46ste in die wêreld. Wonder waar ons gaan opeindig?

Ek onthou nog hoe ons vroeër in die jaar by die Concacaf toernooi in die US eers vir Mexico (6de) gewen het (?) en toe gesukkel het teen Panama (98ste).

Baie consistent Bafana. Fokkenell.

Friday, October 07, 2005

SA se stede

'n Paar cool pics van stede in SA. Dis al.

K's Choice rock Kaapstad

Het gisteraand Belgiese band K's Choice by die Independent Armchair Theatre gecheck. Meeste mense ken hulle van way back in '96 toe hulle single "Not An Addict" huge was.

Nou meeste van hulle ander tunes is rustiger, en die gig wat ek attend het was ook 'n Unplugged session. En wat 'n fokken show. Jissis pappa.

Die plek was gepak en die mense was fokken excited. Lank voor die duo op stage was het almal al begin fluit en skree en te kere gaan. En met goeie rede.

Van die eerste noot af was die show perfek. Sound was nca, songs was stunning, beligting was cool - als het gefokkenrock. Metafories natuurlik, want dit was after all 'n unplugged session van baie personal en intieme musiek wat moerse lyric-driven is.

Die crowd se vibe en die amazing stage personalities van die broer en suster team, however, het mens laat voel of jy by 'n stadium rock show is eerder as 'n kleinerige venue met twee acoustic guitar wielding crooners.

Hulle het al hulle hits gedoen, asook 'n paar nuwe tunes en twee covers - een van die Dixie Chicks en een van Skunk Anansi. Met Sarah se stem was dit 'n treat of fokken note. My tone krul nou nog om van die lekker.

Fok, hulle was cool.

Het sommer by die gig hulle nuwe album ook gescore. Sy naam is "10" en dis 'n tipe "best of" van hulle eerste 10 jaar. Altwee het ook hulle solo albums daar te koop gehad, maar 'n ou het net soveel zak.

Thursday, October 06, 2005

Killer dolfyne? O ja, natuurlik

HAHAHA! Fokken nooit. Hierdie berig reken killer dolfyne is moontlik deur Katrina vrygelaat. Dis fokken skreeusnaaks. Moontlik kan hierdie outjies sommer windsurfers uithaal. Deur die military getrain en als.

Stupid-ass Amerikaners. Killer dolfyne? Fokof man. Ek het nie tyd vir kak nie.

Tuesday, October 04, 2005

Media maak vir baba bang

Jirre, die media is fucked-up. Check bietjie die sensasionalistiese storie wat reken dat malls basically onbegaanbaar is weens armed robberies. Mens sal fokken sweer dis Armageddon. Sommer lekker voorbladnuus. Mense met big fuck-off gats roam die malls en skiet civilians. Lekker media histerie. Lekker fokken blind. En onnodig. Stupid-ass media.

Riaan Pruikwagen nou eers 60

No ways. Die pers reken Riaan Cruywagen is nou eers sestig! Dit voel of die bra al op TV is van ek my verstand het. Well, hy is pretty much...

Cool prentjies

Afgekom op so dude wat cool graphic novel tipe pics teken. Sy naam is Brom. Noujatoe.

Monday, October 03, 2005

Oliver met 'n Kaapse twist

Het die naweek "Boy Called Twist" gecheck. Dis basically Charles Dickens se "Oliver Twist" maar met 'n Kaapse straatkind i/d hoofrol. Die director het bucks vir die movie gekry deur 1000 mense te convince om elk R1000 by te dra. Check meer oor die movie.

Anyway, nogal 'n cool movie gewees maar ek check nie almal skiem so nie. Vir my was dit kwaai, maar ek dink dit help dat ek nie die boek gelees het nie. Het ook nooit die ou "Oliver Twist" fliek klaar gekyk nie, maar ek ken daai "Please sir, can I have some more" scene soos about almal. Daai scene is ook in. Fokken lekker.

Ook, die musiek i/d movie is befok. 'n Nice local variation op die classical type scores wat mens altyd in movies kry. Gaan check dit, dis entertaining en cool. Die acting is befok en die movie is cool geskiet en aanmekaar gesit.

Hulle gebruik ook die woord "poes" en die phrase "ma se poes" 'n hele paar keer, wat lankal overdue in SA film is. Once.

Vet nice.