Random musings uit die pen van CHopper CHarlie - windgat de luxe en damduiker extraordinaire

Tuesday, January 10, 2006

Proteas wen "iets" agv "veggees"

Hierdie is seker een van die lameste nuusberigte wat ek in 'n laaaang tyd gefokkenlees het. Die Burger berig dat die Proteas hulle eerste "volwaardige oorwinning" behaal het in Australiƫ. Hulle opponente? Die Queensland Bulls.

Haha.

Dis maw 'n volwaardige oorwinning as die nasionale span 'n kak provinsiale spannetjie wen in 'n one-day. Kom ons vergeet maar van die back-to-back nederlae in die vyfdag en eendagreekse teen die Aussies.

Die coach gaan actually so ver om te reken dat die ouens baie "veggees" getoon het. Veggees? Om die provinsiale span te wen. Dus sou 'n olifant veggees toon as hy op 'n akkedis trap. Moerse dapper.

Net soos ons kaptein. Die fok weet.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home